2021 Sanctuary Boekfees

Die 2021 Sanctuary Boekfees met Jaco Strydom (Leef Lig) en Carla van der Spuy (Gangster) begin om boek bekendstellings te hou.

Diè boekfees het ook ‘n skrywer werkswinkel geloods waar Anemari Jansen die eerste skrywer was wat die grondslag vir toekomstige skrywers neergelê het.

Die Sanctuary Boekfees het ook ‘n groeproman begin waaraan 22 skrywers skryf, elkeen een hoofstuk.

2020 Sanctuary Boekfees

Gedurende Aardklop 2019 het Stefaans Coetzee en Lindi de Jager Skrywers Kuier begin. Die eerste groep van vyf skrywers het by Capa Jazz koffiewinkel saam met lesers gekuier.

Stefaans en Anita Joubert se begeerte was om uit te brei en meer skrywers uit te nooi. Stefaans en Ferdie Swanepoel het koppe bymekaar gesit en binne drie weke die eerste Sanctuary Boekfees gereël.

Op 24 Oktober 2020 het 22 van die land se gewildste skrywers in Klerksdorp gekuier en geboorte gegee aan die Sanctuary Boekfees.