5 November 2021 | Gala-aand

Gala aand vanaf 18H00 tot 21H00

Kaartjies kos R600 vir die aand. Let aub daarop dat daar net ‘n beperkte aantal sitplekke beskikbaar is. Hierdie is ‘n formele geleentheid waartydens lesers saam met verskillende skrywers aansit vir ‘n “uit die boeke” drie gang maaltyd. Tydens en na die maaltyd, is daar ‘n uitsonderlike geleentheid om saam met verskillende skrywers te kuier.

Een getekende boek van elk van die skrywers wat die SANCTUARY BOEKFEES gaan bywoon, gaan ook die aand opgeveil word. Alle fondse is ten bate van #LEEF LIEFDE.

Ingesluit by die kaartjie is gratis toegang tot die SANCTUARY BOEKFEES, asook gereserveerde toegang tot sondag 6 November se Lofprys en Aanbidding sessie by die SANCTUARY. Ons eie voormalige mej Suid Afrika, Roelien Strauss sal hierdie sessie lei.