Boekfees 4 tot 7 Nov 2021

2021 Sanctuary Boekfees

Die 2021 Sanctuary Boekfees met Jaco Strydom (Leef Lig) en Carla van der Spuy (Gangster) begin om boek bekendstellings te hou.

Diè boekfees het ook ‘n skrywer werkswinkel geloods waar Anemari Jansen die eerste skrywer was wat die grondslag vir toekomstige skrywers neergelê het.

Die Sanctuary Boekfees het ook ‘n groeproman begin waaraan 22 skrywers skryf, elkeen een hoofstuk.

Met al die e-boeke wat so gesteel word en Covid 19 wat skrywers van die geleentheid om hul boeke bekend te stel ontneem, wil die SANCTUARY BOEKFEES in samewerking met ons lesers iets aan ons skrywers teruggee.

Ons doel is om nie net ‘n platform te skep waar skrywers oor hul boeke kan praat nie, maar om inderdaad ook ‘n atmosfeer daar te stel waarbinne skrywers en lesers as een groot familie net heerlik saam kan kuier. Dit is vir ons belangrik om ook die mens agter die boek te leer ken.

Ons wil jou derhalwe hartlik uitnooi om saam met jou gunsteling skrywer te kom kuier, terwyl jy sommer die geleentheid gebruik om ook skrywers buite jou genre te ontmoet en te leer ken.

Skrywers van verskillende genres het reeds begin om agter die skerms saam te werk, ten einde hierdie fees vir ieder en elk iets besonders te maak.

Kontak gerus die volgende nommers vir meer inligting:

082 479 3343
079 471 3901

Ons program :

Sien jou by die SANCTUARY BOEKFEES 5 & 6 NOVEMBER 2021

Open chat
1
Scan the code
Hello
Can we help you?