2020 Sanctuary Boekfees

Gedurende Aardklop 2019 het Stefaans Coetzee en Lindi de Jager Skrywers Kuier begin. Die eerste groep van vyf skrywers het by Capa Jazz koffiewinkel saam met lesers gekuier.

Stefaans en Anita Joubert se begeerte was om uit te brei en meer skrywers uit te nooi. Stefaans en Ferdie Swanepoel het koppe bymekaar gesit en binne drie weke die eerste Sanctuary Boekfees gereël.

Op 24 Oktober 2020 het 22 van die land se gewildste skrywers in Klerksdorp gekuier en geboorte gegee aan die Sanctuary Boekfees.